|
||||||
|
||||||
Letskraal Inleiding
As kurators van 'n opstal wat oor die 200 jaar oud is, verwelkom ons besoekers wat in Karoo-erfenis belangstel. Letskraal was die tuiste van Andries Pretorius tot 1838. Hy is hier besoek deur Sarel Cilliers met 'n versoek om die Trekkers in Natal te help. Kort hierna het hy sy plaas verkoop en na Natal getrek. Die nederige woning van modder en strooi in die Karooboustyl het oor die jare min verander. Ons woon nie op die eiendom nie en ons kuiermense is die kurators tydens hul verblyf. Julle sal die enigste gaste op die plaas wees. Geniet die eenvoudige bestaan in 'n opstal sonder krag en met 'n buite-badkamer. Die woning is gerieflik en toepaslik gemeubileer. Op Letskraal stap ons graag, ry fiets, of swem in die dam en braai in die maanlig. Saans hoor ons die sterre glinster ... Ons vertrou dat die kalmte op Letskraal lafenis sal bied. Die drie slaapkamers bied gerieflike huisvesting vir sewe mense, en daar is vir avontuurlustiges slaapplek op die ossewa. Hier is geen telefoniese verbinding hoegenaamd nie. Rumoer-rytuie word nie toegelaat nie, maar troeteldiere is welkom. Opmerkings van gaste: "I am writing in my wagon at the place of Andries Pretorius - it is a fine sheep farm and the pen in which they are folded is made of stones"
"Comfortable quarters on a farm which is a very beautiful one and once belonged to the rebel Pretorius"
|