Die Opstal
Hierdie pionierswoning circa 1800, het geen elektrisiteit nie.
Paraffienlampe en kerse voorsien beligting; ‘n vuurherd en paraffienverwarmers voorsien verhitting; die donkie word daagliks gestook vir warm water. Die personeel sorg vir skoonmaak en skottelgoed opwas.
Hout word voorsien. Linne en handdoeke word voorsien.
Sit- en Eetkamer
Die Opstal is toepaslik gemeubileer met erfstukke.
Die geelhouttafel het genoeg ruimte vir agt tot tien mense.
Kombuis
‘n Moderne gasstoof en oond asook twee gas yskaste vergemaklik die spyseniering. Die oorspronklike vuurherd is gewild vir braai en broodbak.
Badkamers
- Bad, stort, handwasbak en toilet.
- Stort, handwasbak en toilet.
Beide badkamers is buite en ‘n hanetree vanaf die huis.
Slaapkamers
- Dubbelbed.
- Twee enkelbeddens.
- Drie enkelbeddens OF Koningsgroote bed en een enkelbed.
- Die Stal: Dubbelbed
- Die Smouskamer: Twee Enkelbeddens
- Driekwartbed in ossewa. Die ossewa is slegs beskikbaar wanneer al die beddens in die huis beset is.
Letskraal opsomming
- Alleenlik selfsorgverblyf.
- Letskraal kan gerieflik 10 gaste in 5 kamers huisves
- Kinders en troeteldiere welkom.
- Linne and handdoeke word voorsien.
- Hout word voorsien.
- Die opstal word daagliks gediens – wie wil nou skottelgoed was?
- Hier is geen wasgoedgeriewe nie.
- ROOI LÊER: In die sitkamer bevat hierdie lêer ‘n inventaris – dit vergemaklik die soeke na items.
- Hier is geen selfoonopvangs nie en geen telefoniese verbinding nie.
- Letskraal het nie elektrieseteit nie. (gasstoof en yskaste; paraffienlampe en kerse)
Bring saam
- Spys en drank.
- Ordentlike flits – ‘n koplamp is doeltreffend.
- Warm klere in die winter.
- Pantoffels en japon – die badkamers is buite.
- Moed vir die pas en die ruimte op Letskraal.