Doendinge

Hier op Letskraal is daar rus en stilte, die geleentheid om geliefdes weer te leer ken en ruimte vir bepeinsing. Hier is geen tegnologiese steurnisse nie.

Geniet die omgewing vir fotografie, wandel, fietsry, swem, voëlkyk en bak en brou – fynproewers en lekkerbekke is beïndruk met die kombuisgeriewe.

Die omgewing het verskeie besienswaardige motorroetes.

Op Letskraal skyn die sterre helderder.

Uitstappies:

  • Graaff-Reinet (60km) – argitektoniese skatte, besonderse museums, gallerye en eetplekke.

www.graaffreinet.co.za

  • Besoek die asemrowende uitsig by die Vallei van Verlatenheid oor die Kamdeboo Nasionale Park.

www.sanparks.org

  • Nieu Bethesda (50km) – ‘n nedersetting in die Sneeuberge bekend vir die Uilhuis, gallerye en interresante eetplekke.

www.graaffreinet.co.za

  • Bergkwagga Nasionale Park (110km)

www.sanparks.org

Opmerkings van gaste

“I am writing in my wagon at the place of Andries Pretorius – it is a fine sheep farm and the pen in which they are folded is made of stones” 

Dr. Mackrill, 1816, Somerset-East

“Comforable quarters on a farm which is a very beautiful one and once belonged to the rebel Pretorius”

Bishop Robert Grey, October 1850, Cape Town

“Dit was ‘n belewenis van die siel, ‘n afdraaipaadjie wat ek weer sal loop. Letskraal is so-stil- in-jou-hart-inkruip plek.”

Ina de Klerk, Johannesburg

“Letskraal is een van daai uitsonderlike plekkies wat jy vir almal van wil vertel, maar dis ook so spesiaal dat jy dit vir jouself wil hou.”

Pierre Pretorius, Benoni

“Letskraal maak wyd oop jou hek / sodat landgenote / kan dwaal / oor jou skoongeharkte werf / Sien en beleef / wat het hierdie land / sy nageslag laat erf”

Beatrix Smuts, Glentana